Aardkonyn (astrologie)

己卯

Die Aardkonyn (己卯, jǐmǎo) is die 16de jaar van die Chinese kalender (sien die tabel regs onder van die 60-jaarsiklus). Dit is ’n begrip uit die Chinese astrologie en dui op dié maanjare wat gekenmerk word deur ’n verbinding van die sesde Hemelstam (己, ; die element Aarde en Jin) met die vierde Aardtak (卯, mǎo), gesimboliseer deur die Konyn (兔, ).

Volgens die Chinese kalender kom so ’n verbinding elke 60 jaar voor. Die laaste Aardkonynjaar het in 1999 begin en volgens die Gregoriaanse kalender het dit geduur van 16 Februarie 1999 tot 4 Februarie 2000.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search